Eredienste

Ons eredienste is daarop gemik om God te verheelik. Daarom gaan eredienste vir ons om Hom te aanbid, deur Sy lof te besing, tot Hom te bid vir leiding, Sy sakramente te gebruik en Sy woord saam te lees. Ons glo dat ons as gelowiges ook hierdeur versterk word, sodat ons in ons daaglikse lewe Sy koninkryk kan bou.

Enige iemand is welkom, maak nie saak wat jou agtergrond of storie is nie. Jy is welkom net soos jy is.

Eredienste vind elke sondag om 10:00 plaas.

Daar is spesiale aanddienste met die volgende geleenthede; Hemelvaart, Pinkster, Kerssangdiens, Oujaarsdiens en die week van gebed. Daar is ook met sekere eredienste tydsverandering bv goeie vrydag vind om 08:00 plaas. Hou asb ons facebook blad ook dop vir inligting rondom hierdie eredienste.